HUISARRES

Dis nou al ‘n jaar wat ek in my huisie bly, en ek is super dankbaar dat ek die wonderlikste bure het, staatmakers en net in een woord die beste… maar ek hardloop dinge nou vooruit, laat ek bietjie backtrack. Hierdie naweek is ek baie bevoorreg om my twee “nephews” van New Zeeland hier te […]

FOR FAKS SAKE….

Kyk, ek het in ‘n redelike weird generasie groot geword. Ouers hoef nooit oor screen time te worry nie, daar was nie screens nie.  Daar was televisie, maar die oorgeklankte goed wat gewys het was min, en die enigste ding wat jy op ‘n DOS rekenaar kon speel is Asteroids. Ons het egter op die […]

SPREEK HEER….

Dit is nou amptelik vandag 6 maande wat ek in my nuwe, eerste huis ingetrek het. As jy al ‘n rukkie hier lees sal jy al die woonstel stories gehoor het.  Van die ou met sy voël, die tannie met haar Jessica-wat-haak cd en die jare van grootmens word in ‘n klein spasie in die […]

A THOUSAND TINY THINGS

Die ou by die werk met die leaf blower, wat stop toe hy my sien uitkom by die kantoor en wag dat ek verbystap.  So ook die ou wat die trekker met ‘n high pressure hose afspuit. Die vrou in die passasiers sitplek in die kar langs my vanoggend by die robot, wat die woorde “good […]

TEMU – OF HOE OOKAL JY DIT UITSPREEK

Wat toe blyk heelwat meer te wees as wat ek gedink het!  Want jy kan letterlik enigiets op die sites kry. Ek het nooit geweet ek het ‘n silicone matjie nodig vir my airfryer nie.  Of ‘n verestoffer wat die anderkant van my vertrek kan bykom nie. Of ‘n pen wat ook ‘n flits is […]

ALEXA, HOE DE DINGES?

In Desember kom kuier sussie van New Zeeland en bring ‘n Amazon Echo vir ons ouers.  En hoe meer ek na die dingetjie kyk en rondspeel, hoe meer wil ek ook enetjie he! Ek val nie vir enige nuwe gadget nie, maar ek is mal oor ‘n gadget wat actually werk en dinge ‘n bietjie […]

GELUKKIG IS JY DANKBAAR

Op die 21ste Desember verlede jaar moet ek noodgedwonge na die munisipaliteit gaan. Dit is my eerste dag van vakansie en verseker nie ‘n aktiwiteit wat ek sou kies om hom mee af te skop nie.Sien, vir 8 jaar al doen ek elke jaar rondom dieselfde tyd aansoek vir my kar se nuwe lisensie, online, […]

Waar daar ‘n rokie is….

Sedert Dinsdag hierdie week is ek die trotse eienaar van ‘n Instant Pot Duo Crisp + Airfryer.  Ek wou al so lankal een hê, en die oomblik toe die prys val tot onder die sielkundige R4000, toe bestel ek hom.  En in ‘n oogwink vervang een pragtige stuk toerusting die hele hoekkas in my kombuis! […]

Oupa %$# af….

Niemand aan my pa se kant van die familie kan swem nie.  Nooit geleer nie, en hulle is almal met ‘n taamlike vrees vir water grootgemaak. Ons kinders kan egter almal swem, en het grootgeword met ‘n swembad en gereelde swem in die see uitstappies met pa wat maar altyd van die kant af gekyk […]

Bogger met my bubblegum

Ek slaap gewoonlik baie goed, en word nie in die nag wakker nie.  Wanneer dit wel gebeur is dit gewoonlik omdat ek met ‘n groot beker hot chocolate bed toe is. Vanoggend 2am toe word ek egter wakker, en iets sê vir my kyk by die venster uit.  Sit selfs my bril op.  Ek sien […]